Sheffield Beach Akkommodasie by Villa Royale 2 | LekkeSlaap
+25
+25

Villa Royale 2

  • Vanaf R1 530 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Villa Royale 2, Colwyn-rylaan 1, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal

Beskrywing

Villa Royale is in Colwyn-rylaan in Sheffield geleë, aan die Dolfynkus in KwaZulu-Natal. Villa Royale is 'n residensiële kompleks met streng reëls m.b.t. geraas geleë. Niks meer as 6 gaste word in die woonstel toegelaat nie. Let asb. daarop dat daar sowat 10 trappe na die woonstel lei. Die eenheid het ook WiFi.

Ons aanvaar nie besprekings vir gaste onder 25 jaar nie. Om by Villa Royale te bespreek, word alle papierwerk minstens 48 uur voor die inklokdatum vereis. Die papierwerk sluit kopieë van alle volwassenes se ID-dokumente en die besprekingsvorm met die voertuie se registrasie nommers van gaste in.

Dié ruim eenheid is op die grondvloer geleë en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander twee slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste word versoek om asb. hul eie strandhanddoeke saam te bring.

Die eenheid het 'n oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, skottelgoedwasser, breekware en eetgerei. Daar is ook lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die groot patio bied ongelooflike see-uitsigte. Ongelukkig kan gaste nie op die patio braai nie. Daar is 1 toesluitmotorhuis en 1 aangewese parkeerplek asook beperkte parkeerplek vir besoekers. Let asseblief daarop dat die parkeerplekke nie geskik is vir groot voertuie nie.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. Let asb. daarop dat 'n steil paadjie lei vanaf die kompleks se swembadarea na die strand.

Neem asb. kennis dat is residensiële kompleks is en dat geen geraas toegelaat word nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Villa Royale 2 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 6 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Jacuzzi
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 22 resensies vir Villa Royale 2
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Villa Royale 2, Colwyn-rylaan 1, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Villa Royale 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 530
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 530
per nag (plek vir 6)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 530
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Villa Royale 2, Colwyn-rylaan 1, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAekx2iRdisYhpeksOFFpoyM4EyEkqrgVtwgyiRWknUUGDbPCrVU?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 530  per nag (plek vir 6) 22 5 1 4.6 2 Villa Royale 1 Colwyn Drive 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -29.488681645542 31.251823878469
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za