Villa Siesta No. 11

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Siesta No. 11 is 'n goed onderhoude selfsorg-chalet in die stil en rustige Villa Siesta Holiday Resort geleë. Die oord is aan die oewer van die Damba-rivier en bied gerieflike toegang tot die R102 tussen Hibberdene en Port Shepstone. Die getypoele by Voetplaatpark en die Suidelike Hawe is binne stapafstand en daar is 'n veilige swemstrand by die nabygeleë Banana Beach.

Die eenheid het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. In die leefarea is daar 'n dubbelslaapbank.

Die stoep bied 'n 90 grade-uitsig oor die see. Die perseel word deur 'n nagwag beveilig. Die eienaars van die oord bly op die perseel.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, 'n mikrogolf en yskas-vrieskas in. Die leefarea het lugversorging, 'n waaier en 'n TV met beperkte DStv-kanale. Die chalet het sy eie onderdak-braaiplek. 'n Toesluitmotorhuis word voorsien. Die Villa Siesta Resort bied ook nagwagte vir sekuriteit en daar is wasgeriewe op die perseel.

Daar is ook 'n pool-kamer met tafeltennis, veerpyltjiebord, ens. Die kinderspeelterrein het 'n trampolien. Gaste kan van die rotse af visvang en deur die mooi versorgde tuin tot op die strand stap.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Siesta No. 11 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Siesta No. 11 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za