Villa Simon

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Okt 2019 tot 4 Des 2019.

Beskrywing

Villa Simon is 'n tweeslaapkamerhuis met moderne afwerkings en geriewe. Villa Simon het 'n onbelemmerde 180°-uitsig oor die Valsbaai-kus en verseker 'n rustige en gelukkige atmosfeer vir gaste wat hiér kom ontspan. Die villa is naby die gewilde Kaappunt en net 'n klein entjie se ry van Bouldersstrand en die pikkewyne af.

Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Albei slaapkamers het uitsigte oor die see en op die berge. Daar is 'n gesinsbadkamer met 'n bad en 'n stort, en 'n gaste-toilet op die onderste verdieping. Die studeerkamer op die onderste verdieping het 'n dubbelslaapbank met slaapplek vir 2 ekstra gaste.

Die ten volle toegeruste oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea is ideaal vir partytjies en om saam met vriende en familie te kuier. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Die eetarea het lugversorging en 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die sitarea het 'n platskerm-TV en lei na 'n balkon met buitemeubels.

Die oop, ruim huis verseker dat gaste diep kan asemhaal, ontspan en aan 'n glasie wyn kan teug, terwyl hulle die uitsig oor die see en berge inneem.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Simon sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Simon gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 300 R2 070 per nag (vir 6 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Okt 2019 tot 4 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za