Uniepark Akkommodasie by Villa Unique | LekkeSlaap
+42

Villa Unique

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Unieweg 13, Uniepark, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Villa Unique is 'n lieflike en huis wat aan die voorheuwels van die Simonsbergreeks skuil. Die huis is net 1,6 km van die prentjiemooi Stellenbosch af. Dit is goed toegerus, smaakvol versier en bied die ideale naweekwegbreek of toevlug vir langer verblyf.

Dié villa het slaapplek vir 8 gaste in 3 slaapkamers wat elkeen lugversorging, oorgenoeg kasspasie en 'n en suite-badkamer het. Die villa het leefareas, 'n kombuis en 'n wasgoedkamer. Daar is ook sekere DStv-kanale, WiFi, ondervloerse verhitting, 'n swembad, patio's, 'n braai-area en 'n pragtige tuin beskikbaar vir gaste om te benut.

Die onthaalarea, beide binne en buite, voorsien genoeg ruimte vir lekker kuiers. Daar is ook 'n braai-den op die terras wat aan die swembad gekoppel is. Gaste word persoonlik met aankoms ontmoet en verwelkom. 'n Sekuriteitswag is in die nag aan diens en die koste is by die tarief ingesluit.

Die omliggende area bied verskeie wynlandgoedere en wyntoere kan met afspraak gereël word. Baie wynplase het restaurante op die perseel. Stellenbosch het ook heerlike restaurante wat plaaslike disse bedien. Vir die jongspan bied die area perdry, diereplase, Butterfly World en daguitstappies na strande. Besoekers kan ook vinnig op die R44 klim en na Hermanus gaan om walvisse te kyk gedurende die walvisseisoen. Die omliggende area bied verskeie natuurreservate, voetslaanroetes, fietsryroetes en kampioen-gholfbane.

Kontak ons asb. vir verdere inligting met betrekking tot groepbesprekings. Die eenhede is naby mekaar en dus is dit perfek vir groepe vriende, 'n span of families wat naby mekaar wil bly, maar wat steeds 'n bietjie privaatheid wil geniet met hul eie swembad en tuin.

Slaapplek

’n Bespreking by Villa Unique sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Villa Unique
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Unieweg 13, Uniepark, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Unique het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Unieweg 13, Uniepark, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6GJLLe591RWQa5qBRIrqjZkbvT2f2YXAmhmjSRPBWq5Uct5zb3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 900  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 13 Unie Avenue Uniepark 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-00:00 10:00 -33.928098119209 18.883600915344
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za