Villa Venusta

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Venusta is 'n luukse gastehuis met individueel versierde kamers in Westcliff, Hermanus. Die kamers is vernoem na kenmerke eie aan die area. Dit is stapafstand van die middedorp, met sy vele besienswaardighede geleë. Die gastehuis is net om die draai van die Hermanus Mediclinic en die provinsiale hospitaal. Dit maak verblyf baie maklik indien jy 'n familielid besoek wat vir behandeling moet gaan in Hermanus.

Die gastehuis beskik oor 6 en suite-kamers in 'n stil area, met asemrowende berguitsigte oor 'n fynbospark. Elke kamer is smaakvol ingerig en beskik oor 'n haardroër, 'n platskerm-TV met DStv, 'n kluis en 'n groot klerekas. Die gastehuis bied ook uitstekende WiFi-toegang, selfs by die swembad.

Villa Venusta het 'n skitterende swembad en lekker onthaalareas buite. Die gemeenskaplike areas van die huis sal interessant wees vir gholf-entoesiaste met 'n unieke versameling van gholfversierings wat deels eksklusief en beperk is. Dit word al jare lank versamel en jy sal vir seker 'n tydjie hier wil vertoef!

Hermanus is deur die WWF (World Wildlife Fund) erken as een van die 12 beste walviskyk-bestemmings in die wêreld.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Venusta gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]