Stellenbosch Akkommodasie by Villa Westhof Accommodation | LekkeSlaap
+16

Villa Westhof Accommodation

5 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R5 500 per nag (vir 10 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R44, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Villa Westhof bied gerieflike verblyf vir groepe. Of jy nou op soek is na selfsorgverblyf of 'n B&B vir jou familie, vriende of kollegas - Villa Westhof is die antwoord!

Die Villa is 'n majestueuse, gemaklike, volledig toegeruste vakansiehuis met plek vir 10 gaste. Dit is naby die historiese middelpunt van Stellenbosch geleë, in die hartjie van die Kaapse Wynlande.

Villa Westhof het 5 kamers en 3 volledig toegeruste badkamers.

Die onderste verdieping bestaan uit 'n moderne, oopplan-eetkamer met 'n groot eetkamertafel met sitplek vir 10, en 'n kombuis (met 'n aparte opwaskamer) wat volledig toegerus is met 'n skottelgoedwasser, mikrogolf, oond en 'n wasmasjien/tuimeldroër. Daar is 'n ruim maar knus sitkamer, 'n Jetmaster-kaggel, gaste-toilet, 2 slaapkamers en 1 volledige badkamer. Die eenheid het ook 'n ruim, gerieflike terras met braaiplek en 'n uitsig oor die tuin, swembad en wingerde.

Op die boonste verdieping is daar 3 slaapkamers en 2 volledige badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Daar is 'n studeerarea,'n Jetmaster-kaggel, ADSL, DStv, beperkte WiFi en 'n oop stoep met ingeboude braaiplek. Daar is ook 'n swembad.

Die Villa bied 'n uitsig oor 'n wingerd op 'n 3000 m² kleinhoewe binne 'n privaat landgoed genaamd De Balke. Hierdie 460 m²-villa is ontwerp met die oog op gerief en gebruikersvriendelikheid. Speel 'n potjie gholf op 'n wêreldklas gholfbaan, gaan stap 'n entjie in die historiese dorpie Stellenbosch, besoek die bekende wynplase net om die hoek, drink die natuurskoon in, gaan stap in die berg, ry bergfiets of gaan span uit op een van die strande wat net 20 minute se ry van die Villa af is.

By Villa Westhof word bekoring en moderne gerief soomloos vervleg. As mens die sentrale ligging en afwesigheid van padgeraas in ag neem besef mens dit is die beste bekostigbare akkommodasie-keuse wat jy kan maak. Die lewendige, historiese universiteitsdorpie Stellenbosch is die ideale plek om te bly vir besoekers wat die Kaapse Wynlande wil verken. Kaapstad Internasionale Lughawe is net 35 minute se ry van die gastehuis af.

Villa Westhof se verfrissende, afgesonderde atmosfeer bied 'n kalm toevlugsoord vir gaste wat die Kaapse Wynlande wil verken.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 5 resensies vir Villa Westhof Accommodation
Netheid
4.6/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • R44, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Westhof Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 500
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R5 500
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R5 500
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R44, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJiNDE4MWJmLTFmYWMtNDQ2MC1hMGNhLTgzNDQwMmRiMzhhNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 500  per nag (vir 10 persone) 5 5 1 5 R44 Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-20:00 10:00 -33.895984447798 18.855819081946
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za