Village Escape

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Village Escape is 'n lieflike selfsorgkothuis in Bathurst in die Oos-Kaap. Dit is naby die Bathurst Landboumuseum, oulike winkeltjies, interessante galerye en die Water Meeting Natuurreservaat. Dié kothuis is ideaal vir paartjies óf avonturiers wat alleen reis.

Die kothuis het 'n oopplan-ontwerp wat 'n slaapkamer, kombuisie, eet- en leefarea insluit. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort. 'n Ekstra gas kan op 'n slaapbank in die leefarea geakkommodeer word. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n stofie met 2 plate.

Daar is 'n privaat veranda buite die kothuis wat ideaal is as gaste die uitsig oor die tuin met sy groot bome wil bewonder en verskeie wilde voëls wil dophou. Ons het vriendelike, stil ganse en hoenders op die perseel en daar is ook honde wat op die perseel bly. Village Escape sal sommer gou jou hart steel met sy rustigheid en die diere-geselskap wat jy hier sal aantref.

Slaapplek

'n Bespreking by Village Escape sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Village Escape gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R787 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za