Village Green Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Village Green Guest House is in die voorstad Parkview in Johannesburg geleë. Dit is ideaal geleë vir sakereisigers en vakansiegangers. Besoekers aan die gastehuis kan uitsien na topgehalte-akkommodasie, smullekker ontbyt en al die geriewe wat ons hier beskikbaar stel om jou verblyf onvergeetlik te maak.

Daar is 6 suites, almal met en suite-badkamers met storte en hul eie toegang tot die tuin- en swembadarea. Geriewe in die kamers sluit in: ekstra-lengte beddens met suiwer katoenlinne, gratis, onbeperkte WiFi-toegang, 'n TV met DStv-kanale, 'n haardroër, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe Dit alles in 'n privaat, veilige en rustige omgewing.

Vir jou gerief en gemak bied Village Green ook geriewe soos 'n keuse van ontbyte om jou dag reg te begin, veilige parkeerplek van die straat af, 'n tuin en 'n 11 m lange swembad. Let asb. daarop dat die swembad nie omhein is nie en op eie risiko gebruik word.

Afslag op sekere plaaslike restaurante en lughawependeldiens kan gereël word.

Parkview is een van Johannesburg se ouer en meer gesogte woonbuurte. Die sentrale ligging van Village Green Guest House bied gerieflike toegang tot die hoofroetes na ander dele van Johannesburg en Gauteng, insluitend die SSG, Sandton, Randburg, Midrand, Woodmead, Soweto en Pretoria. Die gastehuis is binne stapafstand vanaf die Johannesburg Dieretuin, Zoo Lake Park en sy buitelug-restaurante.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Village Green Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 070 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za