Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villelodge Accommodation

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Werftstraat 111, Burenkamp, Lüderitz, 0000, Karas
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R530 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Villelodge bied gehalte selfsorg-verblyf teen bekostigbare tariewe in die hawedorp Lüderitz in die Karas-area in die suide van Namibië. Lüderitz is ’n hawe wat rondom Robert Harbour en Shark Island ontwikkel is en die dorp is bekend vir sy Duitse koloniale argitektuur wat in die rotse van Diamond Hill gebou is. Die dorp bied ook die Lüderitz Museum wat inligting oor die dorp se myngeskiedenis uitstal asook die plaaslike en natuurlike geskiedenis.

Villelodge is ideaal vir dié wat lief is vir kamp en wat graag die die tent wil verruil vir die gemak van ’n gastehuis, sonder om die begroting te oorskry van die reisiger wat verkies om meer geld op ervaring as verblyf wil spandeer. Villelodge bied skoon kames met matrasse van goeie gehalte, katoen perkallinne en warm storte.

Verblyf word in ’n Gesinskamer, Kamer met 2 enkelbeddens en ’n Sakpaskamer gebied. Elke kamer het ’n en suite-stort, TV met DStv-hotelpakket en gratis WiFi.

Die Gesinskamer het sy eie kombuisie en die Kamer met 2 enkelbeddens en Sakpas-kamer deel die gebruik van ’n gemeenskaplike kombuis met ’n yskas, stoof, mikrogolfoond en wasbak. Daar is ’n gemeenskaplike binnebraai-kamer en veilige parkeerplek op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 32 resensies vir Villelodge Accommodation
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Werftstraat 111, Burenkamp, Lüderitz, 0000, Karas
  • Gaste dink Villelodge Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Lüderitz Karas Namibië
Vanaf
Vanaf R530
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R530
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Werftstraat 111, Burenkamp, Lüderitz, 0000, Karas
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQ1Lo8m4z4atJw2IXsRnHAslo0zS1233mOdzm8U6tip5wCYtQS6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R530 per nag, vir 2 mense 32 5 1 5 111 Werft Street Burenkamp 0000 Karas 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -26.652351 15.157267