Vineyards Country Home

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Jun 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Vineyards Country Home bied gerieflike en huislike verblyf in die Tygervallei-area tussen Kaapstad en Stellenbosch.

Verblyf word aangebied in 1 ruim eenheid met lugversorging en 'n aparte ingang wat lei na die stoep en tuin. Die eenheid is ingerig met 'n gemaklike koninggrootte-bed, 'n aparte aantrekkamer en 'n volledige en suite-badkamer. Gehalte linne word voorsien. Daar is ook 'n sitarea met gemakstoele en 'n TV. Die eenheid beskik ook oor 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe.

Parkeerplek is agter afstandbeheerde hekke beskikbaar. Die eenheid word daagliks skoongemaak. Afslag vir verblyf van 3 nagte of meer kan oorweeg word.

Ontbyt is 'n opsionele ekstra wat teen 'n addisionele koste beskikbaar is. Let asseblief daarop dat bespreking hiervoor noodsaaklik is, en dit sal ekstra kos.

Geriewe in die omgewing sluit 'n verskeidenheid restaurante, wynroetes, 'n gholfbaan en die Tygervallei- en Willowbridge-winkelsentrums in. Avonturiers sal bly wees om te verneem dat die huis na aan 'n bergfietsroete in die wingerde is, sowel as 2 baarsvisvangdamme en die Majik-woud. Die huis bied maklike toegang tot die N1 en Kaapstad Internasionale Lughawe, en Blouberg en Melkbosstrand is net 20 minute ver.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vineyards Country Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R780 R702 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Jun 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]