Aerorand Akkommodasie by Vintage Charm Guest House | LekkeSlaap
+39

Vintage Charm Guest House

10 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Tierberg Straat, , Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Dié pragtige, nuwe gastehuis wat 14 gaste kan akkommodeer is geleë minder as 1 km vanaf Middelburg Inkopiesentrum met maklike toegang tot die N4 vanuit Johannesburg/Pretoria of van Nelspruit af.

Die atmosfeer by Vintage Charm Guest House is rustig en 'n mens kan nie anders as om tuis te voel met die reuk van varsgebakte brood en croissants wat in die lug hang nie. Saans kan jy voor aandete in die tuin wandel of ons verhitte swembad geniet. Hiér sal jy so lekker ontspan dat jy sommer sal vergeet dat jy eintlik op ’n sakereis is. Klink dit nou nie lekker nie?

Die gastehuis het 7 kamers, insluitende ’n selfsorg-eenheid met 2 slaapkamers. Al die kamers het en suite-badkamers. Daar is ook ’n wittebrood-suite met ’n borrelbad. Dié pragtige kamer het ’n skuifdeur wat lei na die verhitte swembad. Ons sjef sal jou met vars tuisgemaakte geregte bederf en ons vriendelike diens sal jou tuis laat voel.

Ontbyt en aandete word bedien, maar ons kan ook vir jou ’n kospakkie inpak. Ons sjef het ’n oog vir detail en verras gaste met elke ete. Ons kan ook ons etes in die buitelug bedien of piekniekmandjies vir spesiale geleenthede voorberei. Ons het ’n pragtige eetkamer wat groepe van tot 12 mense per tafel kan bedien, of sou jy dit so verkies, kan dit privaat bedien word.

By Vintage Charm bederf ons graag ons gaste. Ons het ’n ruim leefarea met ’n binnebraai waar jy kan ontspan, bordspeletjies kan speel of kan braai op versoek. Jy is ook welkom om ons kantoor te gebruik as die werkgogga jou byt of jy papierwerk het om af te handel. Ons het ook ’n klein konferensiesaal en doen spyseniering vir intieme geleenthede soos ooievaarstees, verjaardagpartytjies en kombuistees. Vra ons gerus uit oor die fasiliteite.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 10 resensies vir Vintage Charm Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • 20 Tierberg Straat, , Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Vintage Charm Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Tierberg Straat, , Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRkMjFhNzVmLTMzZWQtNDYyMS1hY2E0LWMxNWZjM2M4OWFiNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 20 Tierberg Street Aerorand 1050 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.805018 29.444122
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za