Vintage on Brooklyn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vintage on Brooklyn bied gehalteverblyf aan sakereisigers, vakansiegangers en gesinne. Die huis is naby talle winkels, restaurante, besienswaardighede en doendinge.

Daar is 3 slaapkamers. 1 slaapkamer is en suite en die ander 2 kamers deel 'n aparte badkamer. Die hoofslaapkamer het twee koningingrootte-beddens, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Dié kamer het ook ingeboude kaste, 'n spieëltafel, lessenaar, linne en handdoeke. Daar is ’n deur wat lei na die tuin.

Die ander 2 slaapkamers kan saam bespreek word en die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die gedeelde badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak. Dié kamers het 'n tuin-uitsig en 'n deur wat na die tuin lei. Linne en handdoeke word voorsien.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis wat volledig vir selfsorg toegerus is. Daar is 'n ruim leefarea met 'n etenstafel en gemaklike sitplek.

Vintage on Brooklyn het ook 'n swembad en veilige onderdak parkering. Die verblyf is naby Hazelwood-straat met talle restaurante.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vintage On Brooklyn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za