Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vir Altyd

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Jan 2024 tot 31 Des 2024.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kalossie Paadjie 847, Leeupoort, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 050 R3 645 per nag, vir 18 mense

Beskrywing

Vir Altyd is 'n selfsorghuis in die ekodorp Leeupoort, sowat 70 km vanaf Bela-Bela en 50 km vanaf Thabazimbi in die hartjie van Limpopo. Vir Altyd is die ideale bestemming vir wildliefhebbers en 'n groot gesin, en het slaapplek vir 18 gaste.

Dié dubbelverdiepinghuis spog met 5 slaapkamers en 3 badkamers. Daar is 'n woonstelletjie met slaapplek vir 4 gaste. Die huis het lugversorging en waaiers en onderdakparkeerplek vir 6 voertuie.

Op die grondverdieping is daar 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en die tweede badkamer het 'n stort. Die sitarea het 'n TV met DStv Premium en XtraView. Die eetkamer bied 'n binnebraai en die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, eetgerei en breekware toegerus.

Op die boonste verdieping is die derde slaapkamer wat 'n dubbelbed het. Die vierde slaapkamer het ook 'n dubbelbed en 2 driekwartbeddens en die vyfde slaapkamer het 4 driekwartbeddens. Daar is 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort en 'n leefarea is ook op die boonste verdieping beskikbaar.

Die woonstelletjie het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n leefarea met 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, eetgerei en breekware toegerus.

Die huis het 'n kuierarea met 'n kroeg, braaigeriewe, 'n yskas, vrieskas, dranktrollie, 2 koelbokse en oorgenoeg sitplek. Gaste moet hul eie veerpyltjies saambring vir die veerpyltjiebord. Daar is ook 'n boma, swembad en 'n mini-gholfbaan. Gaste moet hul eie toerusting vir die mini-gholfbaan saambring insluitend ’n setstok en gholfballe.

Die natuurreservaat bied 'n selfry-wildrit aan gaste om wild te besigtig, maar dit is ook nie vreemd om sebras, wildebeeste, elande, rooibokke, vlakvarke, njalas, bosbokke, bosvarke en koedoes op die perseel te gewaar nie.

Vir Altyd is 'n idilliese, bekostigbare wegbreek in die bos ver van die gejaagde lewe en 'n plek waar die siel en liggaam kan herlaai.

Slaapplek

’n Bespreking by Vir Altyd sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 79 resensies vir Vir Altyd
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Kalossie Paadjie 847, Leeupoort, 0486, Limpopo
  • Gaste dink Vir Altyd het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 050
R4 050 R3 645
per nag, vir 18 mense
Vanaf R4 050
R4 050 R3 645
per nag, vir 18 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kalossie Paadjie 847, Leeupoort, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe8b8a9562d11b98f0c97b0f643f91c2dbcb8c16192b10615797a4691e8a3ef501a92202feaf731b23841619e7d595f42ba58?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 050 nouVanaf R3 645 per nag, vir 18 mense 79 5 1 5 847 Kalossie Paadjie Leeupoort 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.926423827508 27.639818966127