LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Vis Agie | LekkeSlaap
+20

Vis Agie

17 resensies
Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 50% af

Kry 50% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lindsaystraat 11, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R520 R260 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Vis Agie is geleë in die vriendelike, lowerryke woonbuurt Hunters Home, Knysna, en bied verblyf in 2 eenhede.

Die eerste eenheid het 'n privaat ingang en beskik oor 'n koninggrootte-bed met 'n elektriese kombers vir koue wintersaande. Die en suite-badkamer het 'n verhitte handdoekreling en 'n stort. Beddegoed, handdoeke en tee- en koffiemaakgeriewe word voorsien. Daar is ook 'n yskassie.

Die tweede eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamer, 'n kombuisie en 'n klein sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie kamer het sy eie badkamer. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer 'n stort en bad. Beide badkamers het ook verhitte handdoekrelings.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond en basiese eetgerei en breekware en het 'n slaapbank met slaapplek vir 'n addisionele kind.

Eenheid 1 en 2 kan ook as geheel bespreek word (3 slaapkamers, 3 badkamers, 1 kombuisie) - stuur asb 'n navraag vir 'n spesiale kwotasie.

Daar is parkeerplek vir een voertuig per eenheid op die erf en daar is 'n gemeenskaplike swembad. Let asb. daarop dat die eienaars en hulle 2 jong kinders asook hul troeteldiere op die perseel woon. WiFi is beskikbaar.

Vis Agie is 800 m vanaf Life Knysna Privaat Hospitaal, 900 m vanaf Knysna Gholfklub en 5 km vanaf Knysna Mall. Knysna bied verskeie koffiewinkels, winkels en gaste kan ook die Knysna Koppe, Knysna Olifantpark en Featherbed Natuurreservaat besoek. Doendinge sluit voetslaanroetes, gholf, valskermsweef en abseil in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 17 resensies vir Vis Agie
Netheid
4.7/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Lindsaystraat 11, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vis Agie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R520
Vanaf R260
per nag (vir 2 persone)
was R520
Vanaf R260
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lindsaystraat 11, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJmD358iOAf67sFZse3HsuwD6z28TW5yT3rKHQb58FAyjICQwUI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R520, nou Vanaf R260  per nag (vir 2 persone) 17 5 1 5 11 Lindsay Street Knysna 6571 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.0564453 23.0795245
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!