Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Visarend's Roep

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelslangweg 2272, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 065 R1 859 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Visarend’s Roep is in Marlothpark wat grens aan die suidelike deel van die Krugerwildtuin in Mpumalanga. Marlothpark is bekend daarvoor dat kameelperde, koedoes, sebras, blouwildebeeste, vlakvarke, rooibokke, duikers, bosbokke en vele ander kleinwild gereeld tussen die huise rondbeweeg. Marlothpark spog ook met lieflike sonsondergange oor die rivier, die brul van die leeus in die Krugerwildtuin in die agtergrond en die kenmerkende roep van die visarend.

Verblyf is beskikbaar in 'n tweeslaapkamer-selfsorghuis met 'n solderarea. Die huis bied slaapplek aan 8 gaste, kinders ingesluit, verkieslik 4 volwassenes en 4 kinders, maar 'n maksimum van 6 volwassens en 2 kinders kan geakkommodeer word. Daar is 2 slaapkamers met lugversorging en elkeen het 'n dubbelbed. Die solderarea het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Dié area lei na 'n houtdek met 'n pragtige uitsig oor die ongekunstelde natuur. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, potte, panne, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Buite is daar 'n lieflike stoep met 'n ingeboude braai waar gaste om die vuurput kan sit en die sterrenag dophou, of in die swembad baljaar.

Let op dat dit ‘n bewarea is en geen geraas toegelaat word nie. Die huis is ideaal vir natuurliefhebbers wat die rustigheid van Marlothpark wil geniet.

Marlothpark spog met 'n hele rits aktiwiteite soos stap, swem, wildritte en 4x4-roetes. Die Henk van Rooyen-kampeerterrein het 'n tennisbaan en 'n swembad. Daar is ook 'n waterpark by die Bush Centre waar die hele gesin kan baljaar. Gaste kan hul bergfietse bring om die roetes te verken, of al langs die heining gaan wandel.

Marlothpark het 2 winkelsentrums wat in al gaste se basiese behoeftes voorsien. Winkels in die sentrums sluit 'n slaghuis, kruidenierswinkel, vulstasie en restaurante in.

Slaapplek

’n Bespreking by Visarend's Roep sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Area 1
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 45 resensies vir Visarend's Roep
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Martie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 45

Jaar gelys 5

Ligging

  • Geelslangweg 2272, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Visarend's Roep het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 065
R2 065 R1 859
per nag, vir 8 mense
Vanaf R2 065
R2 065 R1 859
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelslangweg 2272, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa868433a73643481dbcab6599caf33e635b1c0c048a3bc6c6ac4ee796f8f481904419b757e67adac60a22e4df52a274a3ac1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 065 nouVanaf R1 859 per nag, vir 8 mense 45 5 1 5 2272 Geelslang Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.340723626506 31.777211384962
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem