LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Vischgat Fishing Resort | LekkeSlaap
+13

Vischgat Fishing Resort

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Vischgat-plaas 467, Drie Riviere, Meyerton, 1939, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R300 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Vischgat Fishing Resort is langs die Vaalrivier geleë, tussen die Vaaldam en Drie Riviere. Die oord is net 80 km van Johannesburg af en ideaal vir 'n rustige kampwegbreek vir entoesiastiese hengelaars of die hele gesin.

Daar is 4 kampeerplekke op die rivieroewer se wal wat 'n bietjie skuins is. Die ablusiegeriewe het warmwaterstorte, toilette en wasbakke. Die kinders kan trampolien spring, vlugbal speel of swem. Elke kampeerterrein het 'n kragpunt en vars boorgatwater kan op die perseel gevind word. Gaste sal 'n verlengkoord van sowat 30 m benodig vir die kragpunte.

Daar is ook 2 selfsorg-eenhede met slaapplek vir 4 gaste in elkeen. Elke eenheid het 'n dubbelbed, slaapbank, 'n kombuis-area wat vir selfsorg toegerus is en oor 'n yskas-vrieskas en 'n gasstoof beskik. Gaste moet asb. hulle eie handdoeke en beddegoed vir die slaapbank saambring. Warm water word saans en soggens deur 'n donkie voorsien. Die selfsorg-eenhede is voor 'n klein spruit geleë en is 100 m van die rivier af.

Braaigeriewe, veilige parkeerplek en die gebruik van al die geriewe is beskikbaar. Die perseel is ook troeteldiervriendelik, so gaste kan hulle viervoetige kinders saambring.

Let asb. daarop dat daar 'n 11 km lange grondpad na die oord lei.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.4 uit 5van 32 resensies vir Vischgat Fishing Resort
Netheid
3.2/5
Diens
3.2/5
Ligging
3.6/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
3.3/5

Ligging

  • Vischgat-plaas 467, Drie Riviere, Meyerton, 1939, Gauteng
  • Gaste dink Vischgat Fishing Resort het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gauteng
Vanaf R300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Vischgat-plaas 467, Drie Riviere, Meyerton, 1939, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA3YjAzZGZhLTdjYjUtNDdhYi05M2IwLTJiNDk3ZTdjZjFkOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R300  per nag (vir 2 persone) 32 5 1 4 Vischgat Farm 467 Three Rivers 1939 Gauteng 086 999 0018 12:00-20:00 11:00 -26.802805555556 28.051333333333
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!