Vista Bonita 16

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vista Bonita 16 is 'n stylvolle woonstel in Diazstrand, Mosselbaai. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.

Die eenheid bestaan uit 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Beddegoed word voorsien.

Die kombuis is toegerus met alles wat gaste nodig het vir selfsorgverblyf. Dit sluit 'n stoof, oond, yskas, ysmasjien, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei in.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Daar is 'n eetkamer met oorgenoeg ruimte waar gaste hul etes saam kan geniet.

Daar is 'n onderdakpatio met meubels en 'n Weber. Die eenheid spog ook met pragtige see-uitsigte.

Gaste het ook 'n veilige parkeerplek vir 'n voertuig en 'n sleepwa.

Vista Bonita bied 'n gemeenskaplike verhitte swembad en verskeie vermaak. Dit is ook loopafstand na Diaz-swemstrand toe.

Slaapplek

'n Bespreking by Vista Bonita 16 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vista Bonita 16 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]