Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vista Oceana

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collison-straat 14, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 R1 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Vista Oceana is 'n luukse selfsorghuis op die strandfront in Manaba Beach, Uvongo. Die huis is in 'n veilige area en is 1 blok vanaf die gewilde Lilliecrona-boulevard en die gesogte Lucien-swemstrand wat 'n bietjie stiller is.

Die eiendom is klassiek en stylvol en het pragtige gelamineerde vloere en kristalkandelare. Dit bied slaapplek aan 8 gaste. Dié losstaande eiendom bied omtrent van oral af die mooiste uitsig. Die geteëlde dek, verskeie kuierareas en die sprankelende swembad bied 'n 180 grade-see-uitsig. Drie van die 4 slaapkamers het ongelooflike see-uitsigte en die oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis het elkeen dieselfde lieflike uitsig.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede, derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en 'n plafonwaaier. Die ander 2 badkamers het elkeen stortgeriewe.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en die sitarea het lugversorging en 'n TV met DStv Premium. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die huis is 'n onthaler se droom met verskeie kuierareas buite. Die groot kuierstoep voor het 'n gasbraai, sonstoele en 'n etenstafel waar gaste saam kan kuier. Gaste kan ook in die swembad afkoel en skemerkelkies met 'n uitsig geniet. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Daar is 2 watertenks van 5000 liter elk wat wateronderbrekings verhoed. Daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel, insluitend 'n elektriese dubbelmotorhuis en oop parkeerplek. Die eiendom het 'n netjiese tuin wat alles mooi afrond.

Uvongo is aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë en bied besienswaardighede soos die Wild Coast Sun and Casino en verskeie gholfbane binne 30 minute se ry vanaf die eiendom. Van die ander besienswaardighede sluit die Oribi Gorge Natuurreservaat, prentjiemooi strande en plaaslike restaurante in.

Slaapplek

’n Bespreking by Vista Oceana sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 20 resensies vir Vista Oceana
Netheid
5.0/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Paul Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Jaar gelys 10

Ligging

  • Collison-straat 14, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Vista Oceana het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
R2 000 R1 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
R2 000 R1 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collison-straat 14, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a2c766a93ec2f1aa7531c578dea9a8f43fdb954826da648765272e1e5eb6b01b959e97005108b558427a522b0fa09d38961?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 000 nouVanaf R1 600 per nag (plek vir 8) 20 5 1 5 14 Collison Street Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.8513132 30.383543637434
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem