Vista70@Clarens

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vista 70@Clarens is 'n gerieflike selfsorgvakansiehuis met alles wat nodig is vir 'n maksimum van 4 mense om gemaklik te bly.

Daar is 2 slaapkamers met volvloermatte, ondervloerse verhitting en en suite-badkamers met aparte baddens en storte. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, TV en 'n ruim, ingeboude klerekas. Dit het uitsigte oor die gholflandgoed en vallei tot by Clarens. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met 'n uitsig op Horeb-berg. Daar is ook genoeg kasruimte.Linne en handdoeke word voorsien.

Van die voordeur af betree gaste die ruim sitkamer met sy gaskaggel en ondervloerse verhitting. Daar is 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Langs die sitkamer is 'n leefarea en eetkamer met 'n teëlvloer, tafel en stoele.

Langsaan is 'n goed toegeruste selfsorgkombuis met granietoppervlaktes. Daar is stoofplate, 'n oond onder die toonbank, mikrogolf, broodrooster, ketel, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en ander kombuistoebehore. Komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe word ook voorsien.

Die leefarea lei via skuifdeure na die verhewe patio met stoepmeubels, tafel en stoele waar gaste kan sit en eet. Dit kyk uit oor bloekombome, Clarens en die gholflandgoed. Daar is ook 'n ingeboude gasbraai.

Die huis is onder die pad geleë en het parkeerplek vir 2 voertuie op die geplaveerde parkeerarea en die grasrandjie bokant die huis. 'n Stel trappe lei na die voordeur.

Slaapplek

'n Bespreking by Vista70@Clarens sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vista70@Clarens gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za