LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Vitamine See | LekkeSlaap
+42

Vitamine See

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandkopsingel 10, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R840 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Vitamine See bied 2 selfsorgwoonstelle op die eienaar se perseel in die kusdorpie Gouritsmond. Die woonstelle het elk 'n ononderbroke see-uitsig.

Vitamiene See - Selfsorgwoonstel #1 het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 3 kinders. Die woonstel het 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en die tweede kamer het 'n stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die badkamer het 'n hoekbad en 'n aparte stort. Die woonstel het ook 'n oopplan-kombuis met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas en 'n DeLonghi-koffiemasjien. Daar is ook 'n aparte waskamer. Die oopplan-sitarea en -eetarea het rusbanke, 'n slim-TV met 'n USB-poort, 'n DVD-speler en 'n DStv-koppelpunt. Indien gaste DStv wil kyk, kan hulle hul eie DStv-dekodeerder, -slimkaart, -afstandbeheer en -kabels saambring. Die groot onderdakstoep het 'n ingeboude braai. Daar is 'n onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en 'n oop parkeerplek vir 'n waentjie.

Vitamiene See - Selfsorgwoonstel #2, het 2 kamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Alle kamers het see-uitsigte. Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die woonstel het 'n groot oopplan-kombuis met 'n eetkamer en 'n sitkamer (ook met see-uitsigte). Die area het 'n slim-TV met 'n USB-poort, 'n DVD-speler en 'n DStv-koppelpunt. Indien gaste DStv wil kyk, kan hulle hul eie DStv-dekodeerder, -slimkaart, -afstandbeheer en -kabels saambring. Daar is ook 'n groot onderdakstoep. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en n DeLonghi-koffiemasjien toegerus. Daar is ook 'n aparte waskamer. Die woonstel het 'n stoep met see uitsig asook n braai-area. Daar is direkte toegang, maklike stapafstand, na die strand/rivier vanaf die woonstel.

Die perseel is in 'n doodloopstraat, op die strand en rivieroewer geleë. Dit is naby die dorp se 3 supermarkte, poskantoor, restaurant en kroeg en 'n koffiewinkel. Gaste kan verskeie fiets-, voetslaan- en drafroetes verken en daar is die geleentheid om voëls uit te ken en dolfyne te gewaar, asook visvang.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Vitamine See
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Sandkopsingel 10, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vitamine See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R840
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R840
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandkopsingel 10, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4d6510df66ac1c9998268ca395962f97638e7b1ec129b115cf618aed244516fa28fa7b56b0ede714c3d7ec6436e48e714116?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R840  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 10 Sandkopsingel Gouritsmond 6696 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.345995601687 21.880356260748
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!