Vlakkenberg Uitsig Tuinwoonstel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vlakkenberg Uitsig Tuinwoonstel is in 'n eksklusiewe area in Houtbaai geleë en bied verblyf vir 2 gaste met lieflike uitsigte op die berg.

Die selfsorg-eenheid het 'n privaat ingang en is op die grondvloer van 'n drieverdiepinghuis geleë. Die eenheid het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof en oond, mikrogolfoond, yskas, sowel as koffie- en teemaakgeriewe. Maaltye kan by die ontbyttoonbank geniet word en gaste kan in die sitkamer ontspan voor die Apple-TV met Netflix en Showmax. WiFi is ook beskikbaar.

Die leefarea bied toegang tot 'n stoep en 'n privaat tuin. Braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar.

Houtbaai bied verskeie besienswaardighede soos World of Birds, en doendinge soos voetslaan- en staproetes, verskeie restaurante, hawemark, bootritte, visvang en 'n rit oor Chapmans Peak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vlakkenberg Uitsig Tuinwoonstel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za