Voelklip Luxury Farmhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie luukse huis is in die ou Kaapse plaasstyl gebou en geleë aan die voet van die berg met asemrowende uitsigte. Dit is slegs 5 minute se stap vanaf die pragtige blouvlag Grotto-strand en strandmeer waar die flaminke gereeld kom kuier. Van hier af kan jy stap of draf al langs die see op die spesiale rots-rand paadjie wat kronkel om die Walker Baai kuslyn vir 15 km. Asem die vars seelug in en geniet die asemrowende uitsigte. Die huis is geleë in die beste deel van die voorstad Voëlklip, en dit is 'n wonderlike vakansiebestemming vir 'n gesin of selfs vir 3 paartjies.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers met elegante meubels regdeur. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-hemelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 1 dubbelbed en 1 enkelbed. Hierdie kamers deel 'n volledige badkamer. Die ruim kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met die ekstra gerief van 'n voorbereidingseiland waar die hele gesin of vriendegroep, saam 'n heerlike maaltyd kan optower. Daar is 'n aparte opwasarea en 'n wasgoedkamer met al die nodige geriewe. Die eetkamertafel het gerieflike sitplek vir 8 gaste. Die leefarea spog met 'n reeks pragtige kunswerke op die mure en 'n manjifieke kaggel. Daar is 'n klavier en 'n platskerm-TV met DStv. Die gratis WiFi internet konneksie is 'n bonus met hierdie huis.

Stap uit na die groot, onderdak stoep area, met pragtige berg- en fynbosflora uitsigte reg rondom, wat jy kan geniet terwyl jy braai, ontbyt eet of kuier saam met vriende en familie. Daar is 'n houtklimraam speelarea vir kinders in die tuin. 'n afstandbeheerde dubbelmotorhuis wat direkte toegang tot die huis verleen, verseker ekstra sekuriteit.

Hermanus word geag as een van die beste landbasis walvis kykplekke in Suid-Afrika. Besoek die plaaslike erfenis besienswaardighede of loer in by die boetiekwinkels, kunsvlytmarkies of vele kunsgalerye. Miskien verkies jy eerder 'n potjie gholf, of 'n walvis besigtiging bootvaart, dis nou as jy alreeds die pragtige strande geniet het. Stil die hongerpyne met goeie kos en dekadente uitsigte vanuit een van die pragtige, plaaslike restaurante teenaan die kus. Een van die restaurante is benoem as "die beste in die land". Haaihokduik by Gansbaai en wyn- en olyfolie-proesessies is minder as 30 minute se ry van die dorp af. Die wyne en vonkelwyn van die omgewing is wêreldbekend met die Hemel-en-Aarde-vallei wat die top 3 beste Pinot Noir-wyne in Suid-Afrika geproduseer het.

As jy ekstra adrenalien nodig het, sal vlerksweef vanaf die berg jou tevrede stel, of miskien die vele bergfietsroetes, see kajak vaarte of vierwiel avontuur ritte in die bos. Daar is ook nog 'kite-surfing' en diepsee duik om te probeer. Kom geniet hierdie stukkie hemel op aarde!

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Dienste

  •  Koordlose Internet

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Voelklip Luxury Farmhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 800 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za