Heroldsbaai Akkommodasie by Voëlklip Holiday House 35676 | LekkeSlaap
+33
+33

Voëlklip Holiday House 35676

Selfsorg
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voëlklipstraat 312, Heroldsbaai, 6615, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Voëlklip Holiday House 35676 is in Heroldsbaai en bied verblyf in 'n ruim selfsorghuis met slaapplek vir 4 gaste en 'n lieflike uitsig oor die see.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 en suite-slaapkamers met 'n oopplan-leefarea op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en verhitte handdoekrelings. Daar is 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort in die tweede slaapkamer op die grondverdieping. Hierdie kamer word deur trappe bereik. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel met 'n uitsig oor die see toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in die opwasarea wat na die dubbelmotorhuis lei. Gaste kan in die sitarea voor die TV met DStv ontspan.

Die leefarea bied toegang tot 'n voetpaadjie en gaste kan moontlik kleinwild soos bokkies gewaar.

Heroldsbaai bied verskeie doendinge soos swem, hengel, branderplankry, voëlkyk en gholf by die Oubaai-gholfklub. Gaste kan ook in seisoentyd walvisse sien en kyk hoe dolfyne in die branders baljaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Voëlklip Holiday House 35676 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Voëlklipstraat 312, Heroldsbaai, 6615, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voëlklipstraat 312, Heroldsbaai, 6615, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAD1nWr6j4jRGLEjSUENzIUMBmVBb8rw61nmAAqpEbJSCPCD2Csr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 000  per nag (plek vir 4) 312 Voëlklip Street Herold's Bay 6615 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.051140111563 22.400621131283
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za