Volmoed Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Volmoed Cottage is op 'n plaas net 10 km vanaf die prentjiemooi Klein Karoo-dorpie Oudtshoorn geleë.

Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. In die badkamer is daar 'n dubbelwasbak, toilet en 'n Victoriaanse bad. Die agterdeur van die kothuis lei na 'n buite-stort met 'n uitstekende uitsig oor die plaas.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, AGA-houtvuurstoof en -oond, wasmasjien, breekware en eetgerei. Gaste kan lekker op die stoep kuier en die uitsig op die Outeniekwa- en Swartberge bewonder. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale, sowel as 'n eetarea. Die kothuis spog met 'n buitebraai.

Gaste kan lekker gaan stap, fietsry en voëlkyk. Daar is meer as 160 voëlspesies op dié plaas te sien.

Slaapplek

'n Bespreking by Volmoed Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Volmoed Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za