Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Voëlroepersfontein Gastehuis & Skrywersretreat

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Georgestraat 4, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Voëlroepersfontein Gastehuis & Skrywersretreat lê weggesteek tussen reuse-bome in die geskiedkundige dorpie, Albertinia. 'n Oorvloed water sypel vanuit die 1,6 hektaar vrugbare, donker grond om 2 damme vol te maak en oorgenoeg water te lewer.

Dié gastehuis bied ruim kamers wat noord front. Elke kamer het lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskas en 'n TV met DStv. Gaste het toegang tot gratis WiFi, 'n biblioteek, 'n gaste-sitkamer, 'n balkon en 'n kombuis.

Aan albei kante van dié ou kasarm is daar 2 groot wildevybome. Die grootste boom genaamd die "Fluisterboom" het nasionale kampioenboom-status verkry. Saans word tuine belig en die boomstamme en lugwortsels sorg vir 'n aardse, ongekunstelde atmosfeer. Gaste kan op die oewer langs die water ontspan, in die bos onder die bome uitspan of visvang op 'n vang-en-vrylaat-basis. Braaigeriewe is op verskillende plekke beskikbaar. Die perseel het sekuriteitskameras vir veiligheid.

Voëlroepersfontein Gastehuis & Skrywersretreat is perfek vir enkelreisigers en groepe, familie-reünies en troues. Pieknieks, werkswinkels, sakewegbreke, konferensies, musiekkonsterte en leesgeleenthede kan op die dek onder die Fluisterboom gehou word. Hiér voel gaste sommer baie naby aan Moeder Natuur.

Albertinia en sy omgewing bied verskeie restaurante en besienswaardighede, soos die Aloe Ferox Aalwyn-fabriek met sy derduisende kommersieel-aangeplante Aloe Ferox aalwyne, die Tuinplaas Museum, Albertinia Museum, die Garden Route Game Lodge vir wildritte en tientalle voëlkykbestemmings. Daar is ook die Blombos Museum en Grot met argeologiese belang, Riversdal se Slapende Skoonheid-berg en die klei- en moerasgasmyn buite Albertinia. Gourtiz is 36 km hiervandaan, Stilbaai is 39 km, Riversdal is 40 km ver en Jongensfontein en Mosselbaai is 48 km vanaf Voëlroepersfontein Gastehuis & Skrywersretreat.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Kantoorgeriewe
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 17 resensies vir Voëlroepersfontein Gastehuis & Skrywersretreat
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Georgestraat 4, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Gaste dink Voëlroepersfontein Gastehuis & Skrywersretreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 080
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 080
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Georgestraat 4, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdhOGExY2Q0LTExMWUtNDQ0MS1hZGMzLWJmYmYzZjA5MDA3NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense 17 5 1 5 4 George Street Albertinia 6695 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -34.206230125449 21.582836061716