LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Volstruisvlei Bush Lapa West Coast | LekkeSlaap
+72

Volstruisvlei Bush Lapa West Coast

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die R399, Volstruisvlei Boerdery, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Volstruisvlei Bush Lapa West Coast is op 'n privaat plaas aan die Weskus geleë, net 15 km buite Velddrif. Die lapa is 3,5 km vanaf die hoofplaashuis in die bosveld in en gaste sal met aankoms na die lapa vergesel word.

Die verblyf is ideaal vir groepe en beskik oor 'n rustieke lapa omring deur 2 permanente karavane. Die verblyf is ideaal vir diegene wat gaande is oor 'n kamp-ervaring wat 'n bietjie anders is. Daar is 1 kamer in die lapa met 'n dubbelbed, 'n permanente karavaan met 2 dubbelbeddens en nog 'n permanente karavaan met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die verblyf het slaapplek vir 10 gaste, Gaste word versoek om asb. hul eie badhanddoeke en beddegoed saam te bring.

Die lapa bied selfsorggeriewe met eetgerei, potte en panne, braaitoerusting word voorsien vir binne die lapa, asook 'n gasyskas, gasstoof en 'n broodoond. Hout en ys is op die plaas te koop en kan vooraf bestel word. Daar is 'n badkamer met 'n warm stort en 'n wasbak en 'n aparte toilet. Die gebruik van die badkamer word ook gedeel met diegene wat graag tente wil opslaan. Die verblyf het ligte wat met sonkrag werk en 'n gasgeiser vir warm water. Daar is 3 bomas buite vir braai en 'n braai-area binne die lapa met 'n broodoond. Daar is ook bankies binne, 'n kroegarea, bankies buite en 'n dubbelopwasbak. Vars drinkwater vanaf die reëntenks is aan gaste beskikbaar.

Gaste kan ook die veerpyltjiebord benut en 'n bietjie tafeltennis speel. Gaste word versoek om hul eie musiek saam te bring, indien hulle sou wou. Let asb. daarop dat daar geen elektrisiteit is nie - alles word met batterye of gas aangedryf en die ligte werk met sonkrag. Selfoonontvangs is beperk. Daar is ook 'n stil Jacuzzi met koue water, net beskikbaar op versoek.

Die verblyf is ideaal vir gaste wat van die besige stadslewe wil ontsnap en net die rustige plaaslewe wil geniet. Die ligging bied toegang tot Velddrif waar gaste die strand kan besoek of kan visvang. Die blomseisoen is ook bekend onder besoekers wat jaarliks die pragtige blomme aan die Weskus kom aanskou.

Slaapplek

’n Bespreking by Volstruisvlei Bush Lapa West Coast sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
2 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Vanaf die R399, Volstruisvlei Boerdery, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Weskus Wes-Kaap
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die R399, Volstruisvlei Boerdery, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADG6DaKdI8RnlA6W1UdSLfB0ZN2YkIjU7EftQNGiwKVePCQRxui?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 10) Off the R399, Volstruisvlei Boerdery Velddrif 7365 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -32.77701096723 18.276797953399
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!