Hermanus Akkommodasie by Von Abercron Residence | LekkeSlaap
+52

Von Abercron Residence

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Fernkloof-rylaan 75, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 13
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Von Abercron Residence is 'n luukse 4-ster-gastehuis wat direk bokant die Hermanus Gholfbaan geleë is, langs die Fernkloof Natuurreservaat met manjifieke en panoramiese berg- en see-uitsigte.

Dit is slegs 'n paar minute van die middedorp van Hermanus, die hoofstrande en die beste walviskyk-plekke af.

Gaste word 'n hoë standaard van gerief aangebied, maar ook 'n rustige omgewing in 'n stil en vreedsame area. Gaste word ook genooi om die pragtige tuin te gebruik met die soutwaterswembad en onderdak-braaigeriewe. Geniet die natuur met die voëlgeluide en onbeskryflike uitsig, slegs 'n paar treë vanaf die puik gholfbaan en bergstaproetes.

Die gastehuis het 2 dubbelkamers elk met 'n en suite-badkamer en 2 woonstelle wat gebruik kan word vir selfsorg (ten volle toegerus) of vir B&B-verblyf. Elke kamer is individueel gemeubileer en pragtig versier. Ontbyt word in die onbytkamer bedien of onder die lapa in die tuin.

Geriewe sluit die volgende in: verwarmer, satelliet-TV, internettoegang, 'n kluis, yskas, ondervloerse verhitting, verhitte handdoekreling, haardroër, radio, koffie- en teemaakgeriewe, terras, balkon en veilige parkeerplek op die perseel.

Ons is baie ontspanne ten opsigte van tyd en het 'n baie buigsame benadering tot ontbyttye. Inkloktyd is vanaf 14:00 en uitkloktyd is 11:00, behalwe as daar ander reëlings vooraf getref is.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Von Abercron Residence
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Fernkloof-rylaan 75, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Von Abercron Residence het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Fernkloof-rylaan 75, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 13
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNkMDFiOGI1LTExZTItNGY5Yi1iODQ4LThmOGYxYzc2MDQ0Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 75 Fernkloof Drive Hermanus 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -34.401947 19.256515
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za