Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Voorbegin Bosveldverblyf

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Raasblaarweg 54, Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Voorbegin Bosveldverblyf bied verblyf op 'n plaas minder as 'n halfuur se ry van Warmbad/Bela-Bela. Dit is 25 km buite Warmbad in die rigting van Thabazimbi en skuil in die skadu van die pragtige Waterberge.

Verblyf word in 'n woonstel en 'n chalet met slaapplek vir 5 gaste gebied.

Die woonstel is direk agter die hoofhuis, maar het 'n privaat ingang na 'n privaat erf wat troeteldiervriendelik is. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die dhalet is 'n losstaande eenheid met slaapplek vir 4 gaste. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n dubbelbed in die sitarea. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.

Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.

Let asb. daarop dat daar geen TV of WiFi is nie.

Daar is 'n swembad by die eienaars se huis wat tot alle gaste se beskikking is, asook 'n plaasdam waarin gaste kan swem as hulle nie bang is vir kurpers nie. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Daar is visse in die plaasdam en visvang word toegelaat op 'n vang-en-vrylaat-basis.

Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, asook bosveldhout by die braaiplek en heerlike tuisgebakte beskuit vir jou oggendkoffie en, wanneer beskikbaar, 'n halfdosyn plaaseiers vir ontbyt.

Kinders het die geleentheid om meer oor die plaaslewe te leer aangesien daar 'n verskeidenheid bokke en plaasdiere is. Kinders kan selfs help om eiers bymekaar te maak.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Adventures with Elephants, Zebula Gholfbaan, Bambelela Wildlife Care, Thaba Pitsi Natuurreservaat, Waterberg Zipline Adventures, Mabalingwe Natuurreservaat en IngiloziPark in. Daar is ook 'n staproete in die Waterberg, ongeveer 2 km van Voorbegin af.

Daar is ook meestal vars plaasprodukte beskikbaar wat gekoop kan word, soos lamsvleis, Europese bosvarktjops, kaasworsies, wildswors en kraakvars plaaseiers.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Duits

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 58 resensies vir Voorbegin Bosveldverblyf
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Raasblaarweg 54, Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Voorbegin Bosveldverblyf het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Raasblaarweg 54, Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0173e13c8de18dadefe211bb1d1d519e94ccfe751e773d93cac32ed95165ecddbf88d660bec78a707bcde0d03b3439a608db?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 5) 58 5 1 5 54 Raasblaar Road Droogekloof 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.852073217758 28.112129420042