Voorbegin Bosveldverblyf

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Voorbegin Bosveldverblyf bied verblyf op 'n plaas minder as 'n halfuur se ry van Warmbad/Bela-Bela af. Dit is 25 km buite Warmbad op die Thabazimbi-pad en skuil in die skadu van die pragtige Waterberge.

Daar is slaapplek vir altesaam 9 gaste, maar dit is in 2 verskillende geboue met lugversorging wat 'n entjie van mekaar af is.

Die selfsorg-chalet is ruim en privaat. Dit is ideaal vir naweekwegbreke, langer verblyf of selfs 'n Bosveldvakansie. Die eenheid het lugversorging, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n sit-area wat na 'n patio met braaigeriewe lei. Daar is 'n aparte slaapkamer, 'n badkamer en slaapplek vir tot 4 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, en in die sitkamer is ook 'n nuwe dubbelbed aangebring, wat gemaklik is vir kinders of volwassenes.

Die ander losstaande eenheid, die Woonstel, is direk agter die hoofhuis geleë, maar het 'n privaat ingang. Dit het 2 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n bad en 'n stort deel.
Die een kamer het 'n dubbelbed en die ander kamer 3 enkelbeddens. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, tweeplaatstofie met 'n oond, broodrooster, ketel en volledige eetgerei. Die woonstel is geskik vir kort verblyf, soos vir reisigers, mense wat in die omgewing moet werk of dié wat by bepaalde sportgebeurtenisse betrokke is.

Belangstellendes wat na die foto's kyk moet asb. seker maak dit pas by die kamers, om verwarring te voorkom.

Daar is 'n swembad by die eienaars se huis en is tot alle gaste se beskikking, asook 'n plaasdam waarin gaste kan swem as hulle nie bang is vir kurpers nie. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Daar is visse in die plaasdam en daar geld 'n vang-en-vrylaat reël.

Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, asook bosveldhout by die braaiplekke en heerlike tuisgebakte beskuit vir jou oggendkoffie en wanneer beskikbaar, 'n halfdosyn plaaseiers vir die ontbyt.

Kinders het die geleentheid om meer oor die plaaslewe te leer aangesien daar 'n verskeidenheid bokke en plaasdiere is. Kinders kan selfs help om eiers bymekaar te maak.

Neem net kennis dat daar geen kaartfasiliteite is om uitstaande gelde te betaal nie en kontant sal gevolglik waardeer word.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Adventures with Elephants, Zebula Gholfbaan, Bambelela Wildlife Care, Thaba Pitsi Natuurreservaat, Waterberg Zipline Adventures, Mabalingwe Natuurreservaat en die nuwe IngiloziPark in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Voorbegin Bosveldverblyf gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R695 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za