Vreklekker Selfsorg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vreklekker Selfsorg bied bekoorlike selfsorg-eenhede in die uitsigryke dorpie Witsand in die Wes-Kaap. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf, weg van die stad se gewoel af.

Ons verblyf bestaan uit 2 eenhede wat elkeen gemeubileer is vir jou gerief. Elkeen het 2 slaapkamers met óf 'n dubbelbed óf 2 enkelbeddens óf 'n dubbelstapelbed in die kamers. Elkeen van die eenhede het 1 badkamer met 'n stort, toilet en wasbak met 'n oopplan-woonvertrek en goed toegeruste kombuis. Duvets en kussings word voorsien, bring asseblief jou eie lakens, duvet- en kussingoortreksels en badhanddoeke.

Daar is parkeerplek beskikbaar vir jou motors en die eiendom is 200 treë van die strand, en na aan verskeie winkels en ander geriewe. Ons is ook slegs twee blokke van die karavaanpark waar daar 'n speelplek vir die kinders is. Of kyk lekker die walvisse in seisoen en gaan vang vis in die Breederivier. Witsand is 'n wêreldbekende area vir vlieërbranderry.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vreklekker Selfsorg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za