Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vreugde Gasteplaas Self-Catering

  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Naomi, R714, Warden, 9890, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R690 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Vreugde Gasteplaas Self-Catering is sentraal in die Oos-Vrystaat tussen Warden en Bethlehem geleë en bied gerieflike verblyf met 'n rustige plaasatmosfeer, wat deur skilderagtige natuurskoon omring word. Die plaas is net 18 km van die N3 af, halfpad tussen Johannesburg en Durban en op al die roetes vanaf die Kaapse provinsies na die Krugerwildtuin. Dit is die ideale oornagverblyf waar kieskeurige gaste in die natuur kan ontspan, weg van die onophoudelike geraas van vragmotors en verkeer. Vreugde Gasteplaas Self-Catering is ook gerieflik naby Bethlehem, Reitz, Kestell, Harrismith en Vrede geleë, vanwaar die omgewing verken kan word.

Verblyf word in 8 selfsorg-ateljeewoonstelle met en suite-badkamers, en 'n selfsorgkothuis gebied. Die ateljeewoonstelle het elk gemaklike beddens, 'n badkamer met 'n bad of 'n stort, en 'n kombuisie om ligte maaltye voor te berei. Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer met 'n stort en 'n hoekbad, 'n ten volle toegeruste kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die kothuis en ateljeewoonstelle kan saam 25 gaste akkommodeer.

Geriewe op die perseel sluit 'n netjiese kompleks met ‘n pragtige binnehof in, wat ‘n gemeenskaplike sit- en eetarea en braaigeriewe bied. Gratis Wi-Fi is beskikbaar.

Aktiwiteite op die perseel sluit voëlkyk, sterrekyk, piekniek, stap, bergfietsry en fotogeleenthede in.

Aktiwiteite in die omgewing sluit voetslaan, vierwielmotorfietsry, bergfietsry, abseil, riviervlotvaart, boogskiet, verfbal en kloof-swaai in. Gaste kan ook die rits kunsgalerye, koffiewinkels, geskenkwinkels en markte besoek.

Besienswaardighede wat gaste in die omgewing kan besoek, sluit die NG Kerk in Warden, rotskuns in Clarens en die Golden Gate Highlands Nasionale Park, die Basotho Cultural Village, die dinosourusspore en Surrender Hill in Clarens en Fouriesburg, die Platberg Natuurreservaat in Harrismith, Rensburgkop in Swinburne, Lost Valley in Geluksburg, Sterkfonteindam, Kaalvoetvrou en Retiefpas, Leeuplase, Verkykerskop, die Noordelike Drakensberge, Bethlehem Museum en Lugskou, die Bielie Mielie Fees in Reitz en 'n paar wildsplase in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 62 resensies vir Vreugde Gasteplaas Self-Catering
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Plaas Naomi, R714, Warden, 9890, Vrystaat
  • Gaste dink Vreugde Gasteplaas Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Warden Vrystaat
Vanaf
Vanaf R690
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R690
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Naomi, R714, Warden, 9890, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFjYjZjYWFjLTA2MDctNDVlNC1hMDU0LTZhZGFiNWExZmMzZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R690 per nag, vir 2 mense 62 5 1 5 Plaas Naomi R714 9890 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -27.879874847627 28.816972374916