Wag 'n Bietjie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wag 'n Bietjie is in die hoofweg in Kleinmond geleë en bied gerieflike vakansieverblyf naby verskeie winkels, restaurante, die strand en ander geriewe.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die tweede badkamer het 'n hoekbad, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte leeshoekie met 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n opwaskamer met 'n ekstra yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, strykplank en 'n strykyster. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en 'n binnebraai. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV.

Die huis het ook 'n groot ingeslote tuin met 'n draagbare braai. Gaste kan 2 troeteldiere bring indien dit vooraf gereël word. Rook is verbode in die huis. Al die buitedeure het veiligheidshekke, die vensters het diefwering en daar is 'n alarmstelsel. 'n Enkeltoesluitmotorhuis is beskikbaar en daar is parkeerplek vir 2 ekstra voertuie op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Wag 'n Bietjie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wag 'n Bietjie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 850 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za