Wag-n-bietjie Flat 34977

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wag-n-bietjie Flat 34977 is in Reebok, Klein-Brakrivier geleë en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié woonstel is op 'n residensiële eiendom, beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het ingeboude kaste en 'n waaier. Die aparte badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 1 enkelbed in die leefarea.

Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die leefarea het 'n TV met DStv en gemaklike banke.

Daar is lieflike braaigeriewe tot gaste se beskikking en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Wag-n-bietjie Flat 34977 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wag-n-bietjie Flat 34977 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za