Wag 'n Bietjie Garden Flat 35702

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wag 'n Bietjie Garden Flat 35702 is 'n knus selfsorgwoonstel vir 4 gaste in Reebok.

Dié oopplan-woonstel is op die eerste verdieping en het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelslaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saamvat.

Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas en 'n toonbank met 2 stoele toegerus.

Daar is 'n TV met OpenView-kanale beskikbaar en gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder, -slimkaart en -afstandbeheer saam te bring indien hulle DStv wil kyk. Daar is 'n lugverkoeler wat met water werk vir die warm dae en die woonstel het ook 'n alarmsisteem. Kinders onder 1 jaar is welkom, maar weens die trappe, kan kinders onder 12 jaar ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Daar is parkeerplek vir 1 voertuig onder 'n afdak beskikbaar. Die woonstel is vas aan die hoofhuis en die eienaars woon van tyd tot tyd in die hoofhuis. Daar is 'n buite braai-area wat met die eienaars gedeel word. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Reebok bied 'n lieflike strand vir ontspanning, 'n veilige getypoel en dié dorp is slegs 4 km vanaf Klein Brak se strand en strandmeer, 18 km vanaf Mosselbaai en 30 km vanaf George.

Slaapplek

'n Bespreking by Wag 'n Bietjie Garden Flat 35702 sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wag 'n Bietjie Garden Flat 35702 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za