Kaap Karoo Akkommodasie by Wagendrift Lodge | LekkeSlaap
+41

Wagendrift Lodge

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R323, Wagendrift Lodge, 30 km vanaf Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Wagendrift Lodge is in die hartjie van die Karoo langs die Buffelsrivier geleë en is perfek vir 'n gesinswegbreek.

Dié lodge is in 'n tuin met 'n klomp voëls en bied verblyf in Stone Lodge Kamers of Kothuise wat almal vir selfsorg toegerus is.

Die luukse Stone Lodge Kamers het elk slaapplek vir 2 gaste en het en suite-badkamers. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Die lodge het 'n toegeruste gemeenskaplike kombuis, asook 'n braai op die stoep, ingeboude vuurmaakplek en 'n privaat swembad.

Die 3 selfsorg Kothuise naamlik, Klipspringer, Nguni en Duiker, is langs die plaashuis en het elk slaapplek vir 4 gaste. Elke kothuis het 'n slaapkamer en 'n badkamer. Daar is ekstra beddens in die leefarea. Die kothuise het elk 'n kombuisie wat na 'n stoep lei waar gaste kan ontspan en die sonsondergang oor die berge dophou. Braaigeriewe is beskikbaar en gaste kan ook in die sementdam op die plaas swem.

Gaste moet asb. hul eie water en vuurmaakhout saambring. Let wel dat rook verbode is in al die kamers en ook op enige van die voetslaanroetes nie aangesien dit 'n brandgevaar inhou. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Wagendrift Lodge bied verskeie doendinge soos voëlkyk, voetslaan, bergfietsroetes, selfry 4x4-roetes, en wild soos sebras, kampeelperde en ander wild besigtig. Baie skaars flora soos die Haworthias Marxii-aalwyn, vernoem na Mnr Gerhard Marx, kan ook gesien word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 44 resensies vir Wagendrift Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Langs die R323, Wagendrift Lodge, 30 km vanaf Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wagendrift Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaap Karoo Wes-Kaap
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R323, Wagendrift Lodge, 30 km vanaf Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI3MWRmMGFmLWE3MzItNGRmNC04ZGZlLWIwZjk3NDJiOTcwOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 44 5 1 5 Off the R323 Wagendrift Lodge 6900 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.379826 20.942497
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za