Waikiki Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waikiki Villa is 'n selfsorgwoonstel in Kaapstad se Noordelike Voorstede. Dit is ideaal vir 'n vakansie of 'n sakereis omdat dit so sentraal geleë is met maklike toegang tot al die hoofpaaie wat na die middestad, die V&A Waterfront, 3 strande, wynplase, winkelsentrums en die Boland lei.

Die woonstel het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed. Daar is ook 'n driekwartbed in die gemeenskaplike leefarea. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Beddens is met puik Oxford Satin Stitch-linne met 'n 200-draadtelling en Climacool-duvets opgemaak. Luukse hotelhanddoeke word ook voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale teen die muur. Daar is ook 'n MyGica Android-mediaspeler met gratis WiFi wat verskeie musiekstromingsdienste bied.

Die woonstel is in 'n veilige kompleks met 'n swembad en braaigeriewe geleë.

Slaapplek

'n Bespreking by Waikiki Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waikiki Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R895 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za