501 Wave Crest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

501 Wave Crest is in Strand, 'n prentjiemooi kusdorp aan die voet van die Helderberg en Hottentots-Hollandbergreeks in die noord-oostelike hoek van Valsbaai tussen Somerset-Wes en Gordonsbaai. Dit is slegs 50 km vanaf Kaapstad en 45 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, en naby wynroetes en gholfbane. Verskeie gesogte restaurante is loopafstand vanaf die verblyf.

Dié ruim woonstel met 2 slaapkamers het slaapplek vir 4 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die oopplan-leefarea het 1 leunstoel, 2 leunbanke en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n balkon met uitstekende uitsigte oor die see. Die eenheid het WiFi.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond en skottelgoedwasser en daar is ook 'n wasmasjien. Gaste moet self koopkrag betaal.

Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, veilige onderdakparkeerplek, sowel as 'n gemeenskaplike braai en swembad vir gaste.

Slaapplek

'n Bespreking by 501 Wave Crest sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 501 Wave Crest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za