Hoogland Kronkeling Akkommodasie by Walkersons Pastures Village | LekkeSlaap
+62

Walkersons Pastures Village

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Santa-weg, Walkersons Estate, Dullstroom Distrik, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R892 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Walkersons Pastures Village W108 en W111 is op die Walkersons Privaatlandgoed waar die bekende 5-ster Walkersons Hotel is, net 10 kilometer buite Dullstroom op die Lydenburgpad. Gaste hoef nie grondpad te ry om die instansie te bereik nie.

Die twee huise, W108 en W11, is in dieselfde hoëveldse plaashuisstyl gebou en bied elkeen slaapplek aan 10 gaste. Die huise beskik elk oor 3 en suite-slaapkamers. Daar is 'n oopvou-dubbelslaapbank in die sitkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elkeen een dubbelbed en een enkelbed.

Elke huis het 'n oopplan woon-eetkamer met 'n houtkaggel vir die kouer wintermaande.

Die kombuis het 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware, eetgerei en 'n skottelgoedwasser. Gaste kan hul etes by 'n groot eetkamertafel geniet of in die gerieflike sitkamer ontspan.

W111 het 'n skemerkelkie-dek met 'n gasbraai. Die dek bied 'n uitsig oor die foreldamme met die berge in die agtergrond waaragter die son sak.

Die Walkersons Hotel verwelkom gaste vir etes en drankies. By die hotel is daar 'n grootskerm-TV vir groot sportgeleenthede. Gaste moet net let dat die hotel soms privaat funksies het.

Die landgoed het toegangsbeheer en 24 uur-sekuriteitswagte wat die terrein patrolleer.

Die huise word deur 'n klein plaza geskei en kan apart of saam vir groter groepe gehuur word. Beddegoed, handdoeke en handeseep word voorsien.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Die huise word daagliks skoongemaak met die uitsondering van Woensdae. Skoonmaakdienste is ook op openbare vakansiedae gratis beskikbaar.

Hout vir die kaggel word gratis verskaf, maar gaste moet asb. houtskool saambring vir braai.

Gaste kan by enige van die 18 damme op Walkersons Privaatlandgoed forelhengel. Elke huis sluit 4 gratis hengelpermitte in. Let asseblief met inklok op die hengelreëls om verleentheid te voorkom aangesien daar 'n vang-en-vrylaat (catch and release) beleid geld.

Die landgoed het geplaveide voetslaan- en fietsrypaadjies langs die rivier, damme en die vallei, sowel as 'n meer uitdagende staproete oor die berg waar die wild en voëllewe besigtig kan word.

Die paaie op die landgoed is geplavei, wat dit ideaal maak vir fietsry en draf. Spoed word streng beheer sodat fietsry vir almal veilig en aangenaam kan wees. Gaste moet net hul eie fietse saambring.

'n DStv-koppelpunt met skerm is beskikbaar. Gaste moet net hul eie dekodeerder saambring (standaard- en Explora-dekodeerders sal werk).

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 14 resensies vir Walkersons Pastures Village
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Santa-weg, Walkersons Estate, Dullstroom Distrik, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Walkersons Pastures Village het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R892
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R892
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Santa-weg, Walkersons Estate, Dullstroom Distrik, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQwJFeBOmCIQC1yqbgbkhI5tLWN6HtPY4jaPyNStJ37Hym6HA5C?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R892  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 Santa Road Walkersons Estate 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -25.358408557357 30.191429615019
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za