Warthog's Den
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Mei 2022 tot 31 Aug 2022 gemaak.
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Warthog's Den is geleë in Kranspoort Vakansiedorp in die Loskopvallei se lieflike bosveld, 45 km noordoos vanaf Middelburg op die N11 in Mpumalanga.
Warthog's Den bied slaapplek vir 12 gaste in 4 gaste-eenhede sowel as 'n luukse safari-tent. Linne en badhanddoeke word voorsien en daar is tee- en koffiemaakgeriewe en vars beskuit. Al die eenhede en die tent is toegerus met lugversorging.
Die eenhede word elke derde dag skoongemaak, maar nie op naweke en openbare vakansiedae nie.
Die perseel het 'n swembad met temperatuur beheer, geskik vir die warmer maande. Gaste moet net asb. hulle eie swemhanddoeke saambring. Warthog's Den se avontuur 4x4 wildritte saam met die gekwalifiseerde veldgids besonders gewild.
Kranspoort se ligging is ideaal vir natuurliefhebbers en avonturiers. Daar is 'n groot verskeidenheid wildspesies op die plaas wat vry tussen die huise wei. Die plaas is 1000 ha groot en dit is veilig om te gaan voetslaan en bergfietsry. Kranspoortdam is ideaal vir visvang op vang-en-vrylaat-basis, wees met versigtig, daar is krokodille en seekoeie.
Hier is meer as 200 voëlspesies en 'n skuiling bied die ideale geleentheid vir voëlkyk en fotografie.
Kranspoort het ook 'n uitdagende 9 putjie-gholfbaan waar gholfdae en kompetisies gereeld gehou word. Bespreek dus vroegtydig.
Daar is 'n heelwat restaurante in die omgewing wat heerlike kos bedien.
Waterfall Lodge is net 1 km van Kranspoort af en het ñ kort staproete van ongeveer 1km na ñ asemrowende mooi waterval toe. Daar word ook ander aktiwiteite gebied.
Loskopdam is net 6 km van Kranspoort af en bied verskeie doendinge, soos visvangkompetisies en bootritte op die dam. Die Meraki Spa bied ook heerlike behandelings.
ZIPX se zipline met 8 lyne wat die Klein Olifantsrivier Gorge kruis, is ’n moet doen!
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
- Gaste dink Warthog's Den het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kranspoort Loskopvallei Mpumalanga
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom