Cannonville Akkommodasie by Warthog's Happy Home | LekkeSlaap
+34
+34

Warthog's Happy Home

Gastehuis
  • Vanaf R1 400 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisher-rylaan 17, Riverside Park, Colchester, 6175, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Warthog's Happy Home is 'n gastehuis in Riverside Park in Colchester. Riverside Park het beheerde toegang deur 'n hek en is in 'n privaat toevlugsoord. Die spoedbeperking is 25 km per uur weens die wilde voëllewe en verskeie ander diertjies. Die gastehuis is op 'n woonerf waar die eienaars ook woon.

Die gastehuis het 'n ooopplan-selfsorgkombuis, maar daar is nie 'n wasmasjien of skottelgoedwasser nie. Die kombuis het 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Daar is 'n eet- en sitarea met houtmeubels. Die gastehuis het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. 'n Dubbelbed-opblaasmatras en 2 kampbedjies is op versoek beskikbaar. Gaste het toegang tot gratis WiFi ontbyt is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar. 'n Lys van ontbytopsies word voorsien.

Daar is 'n braai-area en 'n gratis sak vuurmaakhout word met aankoms voorsien. Parkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar onder 'n groen sonskerm. Gaste kan die voëllewe van die stoep af sien en hul koffie en ontbyt op die stoep geniet.

Colchester bied 'n uitsig oor die Addo-olifantpark. Een van die ingange is net 1,5 km weg. Daar is ook baie vlakvarke in die park. Colchester se strand is naby en hef 'n billike toegangsfooi. Gaste kan die duine en sandplankry geniet. Die Sondagsrivier is ideaal vir visvang of om 'n pont te huur om op die rivier te vaar. Daar is in sleephelling in die rivier, maar bootregistrasie word vereis en kan by die Addo-olifantpark aangekoop word.

Port Elizabeth se middestad en Nelson Mandela-baai is net 30 km weg. Daar is gekwalifiseerde dokters en 'n apteek in Bluewater Bay.

Slaapplek

’n Bespreking by Warthog's Happy Home sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank Ekstra enkelmatras
Area 1
Plek vir 4 persone
1 xDubbelslaapbank
2 xEkstra enkelmatras

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Kingfisher-rylaan 17, Riverside Park, Colchester, 6175, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisher-rylaan 17, Riverside Park, Colchester, 6175, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd4d75a3413c876a3ae712eb300fb78f864a3c52e81ec1ad67ed9a8f08f88f55e1f41403de52747bbdc387b8ee2cdd920be3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 4 persone) 17 Kingfisher Drive Riverside Park 6175 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -33.69656 25.8009
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za