Wasbessie View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wasbessie View is 'n bekoorlike vakansiehuis in Saldanha aan die Weskus. Dis in 'n veilige kompleks en bied 'n uitsig oor die dorp en hawe.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander kamers het 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 badkamers met 'n bad en/of stort, asook 'n gastetoilet.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en kookgerei. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en 'n braai-area binne en buite.

Doendinge sluit swem, visvang, diepseeduik, vlieërbranderry en walviskyk in.

Slaapplek

'n Bespreking by Wasbessie View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wasbessie View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za