Watch Waves - Heron House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Watch Waves - Heron House bied selfsorgverblyf in Vishoek, 'n kusbuurt wat gereeld deur toeriste besoek word wat Valsbaai of Kaapstad wil verken. Die buurt is bekend sy gesinsvriendelike wit sandstrand en kompleks grotstelsel waar prehistoriese menslike fossiele gevind is.

Die hoofwoonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis wat ten volle toegerus is en 'n leefarea, Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en elke slaapkamer het 'n see-uitsig. Die ruim leefarea het groot glasdeure wat wyd oopskuif en 'n lekker, lugtige vloei tussen die kamers en die groot patio met uitsigte oor Valsbaai verseker.

Die tweede woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n kombuisie wat ten volle toegerus is, 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 2 vleuelstoele. Daar is 'n skuifdeur in hierdie slaapkamer wat na 'n groot patio met 'n uitsig oor Valsbaai en Vishoek se strand lei. Hier kan jy kyk hoe die dolfyne en walvisse in seisoentyd in die branders baljaar.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Watch Waves - Heron House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za