Water's Edge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Water's Edge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim en moderne woonstel met berg- en see-uitsigte. Dit is in die hawedorpie Gordonsbaai geleë, binne loopafstand van die dorp se restaurante en oorkant die ou hawe en bekende Bikini-strand.

Die volledig toegeruste selfsorgwoonstel spog met al die moderne geriewe wat jy benodig vir 'n rustige wegbreek en bied uitsigte uit al die leefareas, die hoofslaapkamer en gasteslaapkamers. Die woonstel bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n sitarea en -leefarea en 'n kombuis. Die hoofslaapkamer is ruim en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die gasteslaapkamer het 'n dubbelbed. Die hoofslaapkamer en gastebadkamer het oorgenoeg kasruimte en 'n glasskuifdeur wat na die balkon lei. Die gesinskamer het 2 enkelbeddens, 'n spieëltafel, klerekas en rusbank. Skoon linne en bad- en strandhanddoeke word voorsien om 'n kommerlose wegbreek te verseker. Die gastebadkamer het 'n stort en is gerieflik tussen die gastekamers en gesinskamers geleë. Die sitarea en eetarea is ruim en lei na die moderne kombuis wat toegerus is met 'n yskas en moderne toebehore, insluitend 'n skottelgoedwasser.

Die boonste vlak bestaan uit 'n onthaalkroeg met 'n TV met DStv en lei na 'n dek met gemaklike tuinmeubels en ingeboude braaigeriewe buite. Die dek kyk oor Valsbaai en die majestueuse Helderberg uit wat aan die regterkant uittroon. Gaste het toegang tot 'n onderdak-parkeerplek en sekuriteit.

Water's Edge is in die Cape Gordonia-gebou in Kusweg geleë en is ideaal vir paartjies en gesinne. Verskeie geriewe en restaurante is naby die woonstel. Gordonsbaai spog met pragtige strande en is die ideale bestemming vir 'n seevakansie. Gordonsbaai bestaan uit die oorspronklike dorpie rondom die ou hawe, Bikini Beach, die bergkant teen die laer hange van die Hottentots-Hollandberge en die buurte wat teen die hoofstrand geleë is. Plaaslike besienswaardighede in Gordonsbaai sluit Bikini Beach, Boland Staproete, Somerset Mall en Steenbraskloof in. Gordonsbaai is naby 'n hele paar wynplase in die Helderbergstreek en is 15 km van Somerset-Wes en 58 km van Kaapstad af.

Slaapplek

'n Bespreking by Water's Edge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Water's Edge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]