Waterberg Leisure

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterberg Leisure is 'n gerieflike, stylvolle en bekostigbare verblyfplek in die Koro Creek Bushveld gholflandgoed. Ons is in Nylstroom (Modimolle),in die Waterberg-area, 90 minute van Pretoria (in die Gauteng-provinsie) en 28 km van Warmbad (Bela-Bela), gelee. Die Waterberg Leisure gastehuis is 'n ideale wegbreek-plek vir 'n gesin, vir gholfspelers en natuur-liefhebbers.

Die Koro Creek is 'n romantiese en vreedsame vakansiebestemming met 'n 18-putjie kampioenskapsbaan en spog met 'n pragtige klubhuis, 'n winkel vir die professionele gholfspeler (Pro Shop), restaurant en 'n dagspa. Daar is nog baie ander gholfbane in die gebied, soos Euphoria, Elements, Zebula Country Club, Mabalingwe, ens.

Die Koro Creek Gholflandgoed het 'n aanliggende 900 ha natuurreservaat (wildplaas) waar 'n mens dit kan geniet om wild te besigtig. Koedoes, sebras, wildebeeste, ratels, impala, duikers, njalas (basterkoedoes), elande, gemsbokke, kameelperde, vlakvarke, ens. is 'n paar soorte van die diere en wild wat daar gesien kan word. Die voellewe is oorvloedig met meer as 190 voelspesies!

Waterberg Leisure het 'n kaggel, 'n beskutte braai/BBQ-area en patio waarvandaan 'n mens oor die swembad en die bosveld uitkyk.

U kan ook in die tuin langs die swembad ontspan. Die huis is ruim met vier slaapkamers en drie badkamers. Die kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolfoond, elektriese stoof en -oond, yskas, ens. Die huis is gerieflik ingerig en ten volle vir selfversorging met beddegoed, handdoeke, breekware, eetgerei, ens toegerus. U hoef slegs u eie swemhanddoeke saam te bring.

Die landgoed is baie veilig met 24 uur-sekuriteit, elektriese heining en gekontrolleerde toegang.

Buite-aktiwiteite: staptoere, bergfiets-ritte, tennis, gholf-kampioenskaps-baan, die 'Pro Shop' en klubhuis, voelwaarneming en swem.

Waterberg Leisure is die ideale verblyf vir 'n naweek of vakansie , maar selfs ook net 'n oornagplek vir die besigeheidsreisiger. Dit is die perfekte bestemming met 'n omgewing wat ryk is aan geskiedkundige, kulturele en argeologiese plekke en het baie om aan te bied.

Naby fasiliteite en aktiwiteite:
Restaurante, koffiewinkels, verskeie winkels, dokters, perdry (safaris), Nylsvlei (Suid-Afrika se grootste vleiland-area en met die grootste aantal water- en ander voelsoorte), 'n slang- en reptielpark, die De Wild Jagluiperd-sentrum, 'n krokodilplaas, valskermspring, jag, kaas-proe, antieke winkel, sweefspoor, spa en behandelings, museums, ens.

Slaapplek

'n Bespreking by Waterberg Leisure sluit in:

4 x Enkelbed / Driekwartbed
3 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterberg Leisure gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za