Waterbessie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterbessie is 'n selfsorghuis in die kusdorp Reebok geleë, tussen Tergniet en Klein-Brakrivier.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, TV met volledige DStv en Netflix. 'n Addisionele matras kan vir 'n kind voorsien word, op versoek. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n dagbed. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort en die tweede badkamer het 'n aparte toilet en 'n aparte stort.

Die leefarea het 'n oopplan-uitleg en die kombuis het 'n dubbeldeur yskas-vrieskas, watersuiweringsisteem, gasstoof, elektriese oond, eetgerei, breekware en 'n ontbythoekie. Die sitkamer het gemaklik banke en 'n TV met volledige DStv en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die motorhuis het parkeerplek vir 1 voertuig en beskik oor wasgoedgeriewe. Die perseel het 'n elektriese hek en oorgenoeg veilige parkeerplek op die perseel. Die eenheid het ook diefwering en veiligheidshekke.

Gaste word versoek om asb. hul eie strandhanddoeke saam te bring. 'n Badhanddoek en hande handdoek word aan elke gas voorsien, asook 2 stelle beddegoed vir elke bed.

Slaapplek

'n Bespreking by Waterbessie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterbessie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za