Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterblom in Pringle

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Promontory-weg 24, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Waterblom in Pringle is 'n seefronthuis in die kusdorpie Pringlebaai wat onlangs opgeknap is. Daar is 2 onafhanklike selfsorgeenhede, naamlik Suikerbos en Kleinblom.

Waterblom in Pringle is aan die einde van 'n doodloopstraat aan Pringlebaai se skiereiland geleë en bied puik verblyf vir gaste wat dié pragtige kusdorpie in die Wes-Kaap besoek.

Suikerbos is op die eerste verdieping en dit is 'n luukse eenheid wat slaapplek aan 2 gaste bied. Hierdie verblyf bied 'n asemrowende uitsig oor die see en op die berge. Die ateljeewoonstel het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die splinternuwe kombuis is met 'n vierplaat-gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, broodrooster, ketel, Nespresso-masjien, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus. Troeteldiere word ongelukkig nie by Suikerbos toegelaat nie.

Kleinblom is op die grondverdieping en bied ook slaapplek aan 2 gaste met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die splinternuwe kombuis is met 'n vierplaat-gasstoof, mikrogolf, broodrooster, ketel, Nespresso-masjien, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Troeteldiere word by Kleinblom toegelaat, maar let asb. dat die huis nie omhein is nie.

Die bekoorlike dorpie Pringlebaai skuil aan die voet van Hangklipberg, wat die suidoostelike punt van Valsbaai aandui. Die dramatiese, rotsagtige kuslyn is slegs 70 m se stap vanaf die voordeur en gaste kan heerlik die sonsondergange geniet.

Pringlebaai spog met asemrowende snorkel- en duikroetes, pragtige voetslaan- en fietsroetes en wonderlike branderplankry- en visvangplekke. Dit is ook die tuiste van 'n aantal restaurante en winkels.

Waterblom is ideaal geleë om die Boland en Overberg te verken. Die pikkewynkolonie en die gewilde Harold Porter Botaniese Tuine is net 10 minute se ry ver, 'n rits gholfbane is net 20 minute se ry ver, die wynlandgoedere of die Walvishoofstad, Hermanus, is 45 minute se ry ver, die Kaapstad Internasionale Lughawe is 50 minute se ry ver, en die middestad is net 'n uur se ry ver.

Pringlebaai is een van die dorpe in die Kogelberg-biosfeer, die enigste reservaat in Suid-Afrika wat deur UNESCO verklaar is en hulle ondersteun meer as 1600 spesies fynbos waarvan 150 endemies is.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 33 resensies vir Waterblom in Pringle
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Promontory-weg 24, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Gaste dink Waterblom in Pringle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Promontory-weg 24, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9a4a8b225cd8cf4d1a7c91b229b10813581de293ca108f7ec33415decf67d423a385b5640870ab194ed631dc617396559c19?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 33 5 1 5 24 Promontory Road Pringle Bay 7196 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -34.350252137893 18.813563798148