Waterfront 1 Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterfront 1 Holiday Home is in 'n privaat landgoed op die rand van Langebaanstrandmeer. Dit is 'n drieslaapkamer-selfsorgwoonstel wat ideaal is vir ontspanning en gaste wat wil wegbreek van die gedruis van die stad. Ontspan en geniet die pragtige uitsigte terwyl jy na die branders luister wat net 'n paar meter weg op die rotse breek. Gaste kan ook kyk hoe talle voëls baljaar.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n driekwart- en 'n enkelbed.

Die kombuis is volledig toegerus met breekware en eetgerei, asook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die oopplan-vermaakarea spog met 'n binnebraaier vir koue wintersaande, 'n TV met volledige DStv en 'n etenstafel vir 6. Die buite-area het 'n draagbare braaier en 2 4 sitplek-banke waar gaste die pragtige sonsondergange kan geniet.

Ons kan ook slaapplek aan 5 addisionele gaste bied in die eenheid langsaan. Sou jy vir ’n groter groep as 6 mense wil bespreek, doen asb. navraag. Die tarief per addisionele gas is R400 per nag.

Ons het spesiale aanbiedinge vir langer verblyftydperke buite skoolvakansies. Kontak ons asb. indien jy sou belangstel om vir langer as 5 dae te bespreek. Spesiale tariewe is dan van toepassing.

Slaapplek

'n Bespreking by Waterfront 1 Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterfront 1 Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]