Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterkant Villa

Winteraanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perlemoen Close 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 300 R4 200 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Waterkant Villa is 'n volledig toegeruste vakansiehuis reg voor op die see in Moerie-se-baai, Jacobsbaai. Die huis bied 'n onbelemmerde uitsig oor die baai en spog met 'n verhitte swembad wanneer dit nie beurtkrag is nie. Die huis het 'n omsetterstelsel wat krag aan die ligte, TV en WiFi voorsien.

Die ruim strandhuis het 3 slaapkamers op die grondverdieping, elk met 'n koningingrootte-bed en elk sy eie en suite-badkamer. Op die boonste verdieping is daar 'n oopplan-area met 2 enkelbeddens, 'n aparte kitchenette en badkamer. Die verblyf is ideaal vir groepe of gesinne, en bied slaapplek aan 6 tot 8 persone. Beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke bring.

Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n kombuis, sitarea met 'n kaggel en 'n eetarea. Die kombuis en opwasarea is met SMEG-gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wynyskas, ysmasjien en mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n slim-TV in die sitarea, sowel as in die solderkamer en in die een slaapkamer.

'n Binnehof met 'n pizza-oond word omsluit deur 2 slaapkamers en die kombuis. Die leefarea se groot stapeldeure maak oop na die ruim voorstoep. Die stoep het 'n groot etenstafel en sonstoele op die houtdek, asook 'n ingeboude braai. Daar is 'n verhitte swembad met 'n onbelemmerde see-vista.

Gratis WiFi en parkeerplek in die doodloopstraat is beskikbaar. Die huis is beveilig met aluminium-hortjies sowel as 'n alarmstelsel. Hierdie verblyf het 'n omsetter en 'n batterystelsel wat krag aan die ligte, WiFi en die TV voorsien.

Jacobsbaai is bekend vir sy wit huisies eie aan die Wekus! Die strate is op sommige plekke nog stofstrate. Moerie-se-baai het 'n getypoel wat beskutting bied teen die onstuimige Atlantiese Oseaan. Hier kan mens ook tydens hoogwater in die louwarm see swem. Gaste kan ook langs die strand gaan stap, tydens laagwater kreef vang en dit dan saam met 'n glasie plaaslike witwyn geniet.

Vir inkopies is jy net 12 km vanaf die Weskus Mall net buite Vredenburg. Vir verdere vermaak is Jacobsbaai net om die draai van Paternoster sowel as Langebaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Waterkant Villa sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 22 resensies vir Waterkant Villa
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Mariet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Jaar gelys 6

Ligging

  • Perlemoen Close 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Waterkant Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 300
R6 300 R4 200
per nag, vir 8 mense
Vanaf R6 300
R6 300 R4 200
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perlemoen Close 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbApMSU2lExVqx5YZviuGrqVBjby5j7o8z3q9Wa0ee4bU9dFGsS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R6 300 nouVanaf R4 200 per nag, vir 8 mense 22 5 1 5 4 Perlemoen Close Jacobs Bay 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.980088136726 17.886314842046
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem