Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterkloof Guest Farm

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 15 Jan 2024 tot 28 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkloof, Vlakteplaas, De Rust, 6650, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 R2 700 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Waterkloof Guest Farm is 'n lieflike, ruim plaasopstal op 'n plaas aan die voet van die majestueuse Swartberge. Hierdie bekoorlike plaasopstal dateer terug tot 1870 en saam met die rustige omgewing is dit 'n unieke ervaring vir plaaslike en oorsese besoekers. Die area is malaria-vry en het fantastiese klimaat met pragtige, sonnige winterdae met koel nagte. Die somers is perfek en sonnig.

Verblyf word aangebied in 'n selfsorghuis met 3 slaapkamers en daar is slaapplek vir 10 gaste op 1 dubbelbed en 8 enkelbeddens. Die huis beskik oor 'n kombuis wat ten volle toegerus is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, vrieskas, ens. Daar is ook 2 privaat badkamers met storte en baddens, sowel as 'n ruim sitkamer-area met 'n TV. Gaste kan hulle eie dekodeerder saambring vir DStv-toegang. Daar is 'n lieflike braai-area en veilige onderdakparkeerplek beskikbaar. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Wild loop vry saam met die plaasdiere op die plaas rond. Hiér word met volstruise, beeste, skape, Angorabokke en groentesaad geboer.

Gaste kan lekker op die plaas kom stap, draf of fietsry, en die bergfiets- en staproetes verken. Waterkloof is 'n voëlkyker se paradys met 'n groot verskeidenheid voëlspesies. Gaste kan hulle skoene uitskop, ontspan en die asemrowende uitsigte op die Swartberge en Kammanassieberge waardeer, terwyl hulle 'n goeie boek lees. Die helder hemelruim, sterre en stilte is waarlik uniek aan die Klein Karoo en maak 'n besoek aan dié uitsonderlike plaas meer as die moeite werd.

Kom verken die omgewing, skakel af en geniet 'n rustige nagrus wat jy slegs op die platteland sal ervaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Waterkloof Guest Farm sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 6 resensies vir Waterkloof Guest Farm
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Nolene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Jaar gelys 10

Ligging

  • Waterkloof, Vlakteplaas, De Rust, 6650, Wes-Kaap
  • Gaste dink Waterkloof Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Klein-Karoo Wes-Kaap
Vanaf R3 000
R3 000 R2 700
per nag, vir 10 mense
Vanaf R3 000
R3 000 R2 700
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkloof, Vlakteplaas, De Rust, 6650, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU1YTNjNmE0LWVlYzctNGJlZS1iNjk4LWQ3MzRlN2EyMzgwOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 000 nouVanaf R2 700 per nag, vir 10 mense 6 5 1 5 Waterkloof Vlakteplaas 6650 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.498688905556 22.707753181458
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem