Waterline

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterline is 'n selfsorg-vakansiehuis in Noordhoek wat ideaal is vir oordeelkundige gaste wat smag na 'n eksklusiewe ervaring wanneer hulle Kaapstad besoek. Waterline is geïnspireer deur die Pasifiese Kom met 'n klem op weerkaatsing en rustigheid. Om by dié idee aan te sluit is daar ook daaglikse buitelug-joga, masserings en persoonlike afrigting op die strand.

Hierdie vakansiehuis het 4 ruim slaapkamers wat gerieflik ingerig is en 4 badkamers waarvan 2 en suite is. Daar is slaapplek vir 10 gaste wat 'n dubbelslaapbank in die TV-kamer insluit. Die badkamers is veral só ontwerp dat dit rustige ruimtes vorm waar gaste kan ontspan. Elke slaapkamer het sy eie privaat binnehof met 'n buitelug-reënstort.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n reënstort. Die eerste suite het 2 enkelbeddens en die tweede suite het 'n koningingrootte-bed. Hierdie suites deel 'n badkamer met 'n bad en 'n reënstort. Die derde suite het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n reënstort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n induksiestoof, oond, dubbeldeur-yskas-vrieskas, mikrogolfoond en Nespresso-koffiemasjien. Die eiland in die middel dien ook as 'n ontbyttoonbank met stoele. Die huis het 2 sitkamers. Die onderste sitkamer het 'n houtvuurkaggel, gemaklike sitplek vir 12, 'n dagbed en uitsigte oor die tuin. Die boonste sitkamer kyk oor die oseaan uit en het sitplek vir 8 en direkte toegang tot die swembaddek. Daar is 'n eetkamer met sitplek vir 12 en uitsigte bo-oor die duine tot by die strand, oseaan, tuin, wingerde en berge.

Die TV-kamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n draadlose klankstelsel en uitblokgordyne. Waterline het ook verskeie ontspanningsareas buite. Daar is voor én agter dekke met uitsigte oor die duine, strand, oseaan en berg. Die kombuis lei na die boonste tuindek wat privaatheid bied met 'n gazebo, 2 braai-areas en 'n buitelug-sitkamer. Die randvloeiswembad kyk uit oor die duine en die strand en het ongelooflike uitsigte van die sonsondergang.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterline gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R9 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za